stars 1 stars 2 stars 3

Landbouweekblad dien ons boere en die landbou in die breë nou al ’n rapsie langer as ’n eeu. Toe ons destyds in 1919 as tydskrif die lig gesien het, was dit ’n poging om Afrikaner-bestaansboere, verarm deur die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog, te kommersialiseer. En watter sukses was dit nie! Vandag word ons boere as van die beste ter wêreld beskou. Oor die jare heen het die landbou baie verander. Binne ’n eeu is osse en perde vervang deur reuse-ysters met ’n magdom digitale slimsensors wat alles dophou. Hommeltuie, genomika en gevorderde klimaatbeheer is alles deesdae so deel van ’n boer se lewe soos droogtes en donderstorms. En soos die bedryf wat ons bedien oor die jare verander het, so het Landbouweekblad ook aangepas. Voorheen net ’n tydskrif is Landbouweekblad vandag soveel meer. Daar is TV-reekse, ’n reeks spesiale tydskrifte, wat Boerekos, Suid-Afrika se grootste kostydskrif wat verkope betref, insluit, en landbouboeke deur die land se top-veeartse en kenners soos dr. Faffa Malan, prof. Hennie Snyman, Theo Vorster en die legendariese André Lund. Dan is daar webinare en konferensies, wat op ’n verskeidenheid platforms uitgesaai word. Nou, vir die eerste keer, jaag ons al ons produkte vir u gerief in een kraal hier op landbou.com. Vir net R149 per maand, soveel as wat net die tydskrif u in ’n maand sal kos, het u nou toegang tot Landbouweekblad se magdom produkte. Gaan kyk dus gerus na ’n Landbouweekliks-episode oor een van die land se topboere, of lees een van die verskeidenheid spesiale tydskrifuitgawes soos Vee, Tegnologie, Boereplanne of Herlewingslandbou.

Landbou.com Questions

10 people are employed at Landbou.com.

Top Landbou.com Employees

View Similar People
G2 Leader Summer 2026 G2 Best Est ROI Mid-Market Summer 2026 G2 Easiest Admin Mid-Market Summer 2026 G2 Most Implementable Summer 2026 G2 Best Results Mid-Market Summer 2026 G2 Lead Capture Mid-Market Summer 2026 Inc Fastest Growing Private Companies 2026 Inc Best Workplace 2026
g2crowd
G2Crowd Trusted
chromestore
300K+ Plugin Users