stars 1 stars 2 stars 3

Vanuit ‘n Christelike waardestelsel streef die skool na dit wat eersterangs, voortreflik en uitnemend is en gevolglik plaas ons ‘n hoë premie op die hartlike vennootskap tussen skool en ouerhuis. Indien ons as vennote hande vat, kan ons die kind help vorm tot ‘n beskaafde, hoflike en verantwoordelike jongmens vol selfvetroue wat gereed sal wees om die eise van die lewe die hoof te bied. Die skool is gesteld op kwaliteit akademiese-, afrigtings- en opvoedkundige bemoeienis met elke kind, sodat elkeen sy/haar eiesoortige potensiaal kan ontwikkel om ‘n saakmakende bydrae in die skoolgemeenskap te lewer. Ons passie is om blywende lewensankers te verskaf deur onderrig van hoogstaande gehalte te lewer, ‘n ondersoekende ingesteldheid te kweek, ondernemingsgees aan te moedig, kreatiewe denke en estetiese bewustheid te koester asook om kinders te help om sukses te geniet en realisties na mislukkings te kyk. Laerskool JAN CELLIERS stel orde en dissipline as voorvereiste vir die sinvolle persoonlikheidsontwikkeling van elke kind. Die doel is om leerlinge deur selfstandige leierskap onder die besef te bring dat vryheid en regte in die skool in balans gehou moet word deur verantwoordelikheid te aanvaar en pligte na te kom. Elke leerling moet hoë eise aan hulself stel om verstandelike vermoëns, sporttalent, kultuuraanleg en –waardering, ontwikkeling van leierskap en selfbemagtiging optimaal te verwesenlik. Laerskool JAN CELLIERS hou tred met die snel ontwikkelende wêreld en daarom is daar voortdurend vernuwing in ons denke, benadering, studie-inhoud en fasiliteite en is die skoolbestuur pro-aktief ten opsigte van strategiese beplanning. Die toets vir enige skool bly steeds die mensemateriaal wat hy lewer. Wat Laerskool Jan Celliers betref, lewer sy oud-leerlinge op verskeie terreine van die samelewing bewys daarvan dat daar geslaag word in die strewe na balans en akkommodering van die vooruitstrewende seun en dogter.

View Top Employees from Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr

Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr Questions

The Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr annual revenue was $2 million in 2024.

Fred Van Zyl is the Head of Department of Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr.

16 people are employed at Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr.

Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr is based in Johannesburg, Gauteng.

The NAICS codes for Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr are [61, 611, 611110, 61111, 6111].

The SIC codes for Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr are [821, 82].

How It Works
Get a Free Account
Sign up for a free account. No credit card required. Up to 5 free lookups / month.
Search
Search over 700 million verified professionals across 35 million companies.
Get Contact Info
Get contact details including emails and phone numbers (business & personal).
High Performer Summer 2022 RocketReach is a leader in Lead Intelligence on G2 RocketReach is a leader in Lead Intelligence on G2 RocketReach is a leader in Lead Intelligence on G2
talentculture2022
g2crowd
G2Crowd Trusted
chromestore
300K+ Plugin Users